Klassifikasie
Klassifikasie is ʼn stelsel waarvolgens elke bees-, skaap-, lam- en bokkarkas omskryf word hoofsaaklik ten opsigte van ouderdom en hoeveelheid vet. Hoe jonger die dier, hoe sagter is die vleis.
Die ouderdom van die dier word bepaal deur die hoeveelheid snytande – hoe minder snytande, hoe jonger is die dier. Dit word aangedui deur:
A |
Jongste dier |
AB |
Minder jonk |
B |
Ouer dier |
C |
Oudste |
Die hoeveelheid vet word numeries aangedui:
000 111 222 333 444 555 666.
0 dui op geen vet, en 6 dui op die meeste vet
Deur net na hierdie twee rolmerke te kyk, kan die BOMA kliënt dadelik sy voorkeursnitte uitsoek, byvoorbeeld:
A1 |
Jonk met min vet |
AB2 |
Minder jonk met medium vet |
B1 |
Ouer met min vet |
C5 |
Oudste met heelwat vet |
Om die volledige klassifikasiestelsel van die Suid-Afrikaanse Vleismaatskappy (SAMIC) in pdf-formaat af te laai, Klik hier of gaan na www.samic.co.za.
Om die snitkaarte van SAMIC in pdf-formaat af te laai, klik hier.