BOMA Deli

BOMA Vleismark se gewilde Deli in Moreleta Plaza het nou ʼn lieflike groot kombuis waar al ons smullekker produkte voorberei word.

Daagliks beskikbaar

  • Gaar en klaar:  bief stroganoff; hoenderpastei; lasagne; bobotie, herderspastei, gaar groente, rys, pampoenkoekies en  vars slaai.
  • Ons eie gewilde melktert, appeltert, tuisgemaakte pasteie en quiche.
  • Verskeidenheid nageregte, onder andere Suid-Afrikaners se geliefde malvapoeding.
  • Biltong, droëwors en gesondheidsdroëwors.
  • Bestel gerus skikbordhappies (platters) volgens u voorkeur en prys: vleis, soet en sout, soet alleen, of wat u ook al verkies.
  • Moenie vergeet van ons tuisgebakte snoeppasteitjies (cocktail pies), voorberei in ons eie bakkery: beesvleis, kerrielam en hoender nie.

Ons bak die lekkerste koekies om die spensrak mee vol te maak: brosbrood, sjokoladesplinterkoekies, bokkepootjies, gemengde koekies en  gemmerkoekies soos ouma dit gemaak het.

Vir u gerief is vars vleisprodukte van Boma Vleismark ook by Boma Deli beskikbaar.

VIR U GERIEF

Bring gerus u eie houers, en ons berei bobotie, pasteie, lasagne of enige ander gereg van u keuse daarin voor, gereed vir die tafel.

Vinnig vir die pad

  • Vetkoek & maalvleis
  • Tuisgemaakte pasteie
  • Mini quiche
  • Kerrie en rys
  • Tuisgemaakte kouevleis: ham, Pastrami, Hollandse rookwors en veel meer
  • Ons eie tuisgemaakte sop in die winter

Boma Deli bied Goeie Gehalte Gesinskos. Klaargaar, gereed om op te skep.

Wegneem-buffet elke Sondag.

BOMA  Deli berei Sondae middagete voor: Vleisgeregte soos oondgeroosterde lamsboud, bobotie, geroosterde hoender, biefbredie, lamsbredie en oondgeroosterde varkboud. Groente en vars slaai om die vleisgereg te komplementeer, asook ʼn keuse van poedings word aangebied.  Skep en weeg. Weeklikse spyskaart op Boma Vleismark se facebookblad.

Dis Jou Ma se kos! Sonder fieterjasies.