Meer Oor Ons

Boma Vleismark is sedert 1994 ʼn bekende baken in die Ooste van Pretoria.  Die eienaar,  Hendrik Steenkamp, het die visie gehad om ʼn gewone slaghuis te omskep in ʼn Vleismark met ʼn verskil. Boma Vleismark bied slegs die beste gehalte produkte  aan, en aan die verbruiker ʼn aangename koop-ervaring.

Hoewel Boma Vleismark begin het in die hart van Moreletapark, spog Boma nou ook met Boma Deli  en Boma Vleismark Olympus. Boma Vleismark se trots is gehalte en diens, wat gestaaf word deur die talle Cleaver-toekennings sedert 2007.

Soos wat verbruikers se lewenstyl  verander, pas Boma daarby aan en poog om vir sy kliënte die angel uit kosmaak te haal.  Hoe gemaak? Tesame met die uitnemende gehalte vleis wat aangebied word, word verskeie geriefsvoedselgeregte aangebied. Hierdie unieke konsep het egter uit sy nate gebars, en Boma Vleismark was weer eens almal een voor, met die opening van Boma Deli in Moreleta Plaza aan die einde van 2017.

Boma Deli is ʼn eenstop-geriefswinkel vir almal. Hier is ʼn oopplan, gesofistikeerde produksie-eenheid waar ongepreserveerde, heilsame “huiskos” vervaardig word, in die publiek se oog. Ook spog Boma Deli met sy eie bakkery, wat daagliks vars gebak lewer. ʼn Geselekteerde reeks Boma vleissnitte is ook hier beskikbaar, weer eens vir die gemak en gerief van kopers wat weens ʼn tekort aan tyd nie verskeie winkels wil besoek vir hul nodige aankope nie.

Boma Vleismark, verskaffer van gehalte vleisprodukte. Welkom by ons vriendelike diens.