Vleisprodukte

ʼn Groot verskeidenheid vleisprodukte soos rypgemaakte biefstuk, geurige sosaties, ons eie bekende tradisionele boerewors, plaashoenders, ons eie reeks tuisgemaakte kouevleis, en al die gehalte vleisprodukte wat ons kliënte van ʼn eersteklas vleismark verwag.

Beesvleis

Ons beesvleis word slegs vanaf uitgesoekte abattoirs aangekoop om die beste gehalte en higiëne te verseker.

  • Rypgemaakte biefstuk, lendeskyf, filet en vele meer, gereed om te braai.

  • Tradisionele boerewors, sout en peper boerewors (slegs gegeur met sout en peper), asook dieetwors met verminderde vet.

  • Verskeidenheid sosaties.

Lamsvleis

BOMA Vleismark soek ver en wyd na die beste, geurigste lammers in Suid-Afrika.

  • Heel of halwe lammers.
  • Die immergewilde lamstjops.
  • Saggebakte klaargaar ribbetjies.
  • Boud – heel met been of ontbeen en gerol met ons geurige speserymengsel.
  • Kerrie en BBQ sosaties, ontbeende lamsribbetjie gerol met lendeskyf (pinwheel).
  • Lamsnek en -skenkels vir heerlike winterkos.

Varkvleis

Varkvleis bevat baie min tussenspierse vet wanneer sigbare vet afgesny is – ʼn uitstekende verslankerskos!

Gewilde varkvleissnitte sluit in:

  • Vars of gerookte varkboud.
  • Varkrugtjops en ontbeende varknek, ideaal vir braai.
  • Roerbraai-repies.
  • Gerookte varkribbetjie en Eisbein.
  • Gerolde varkrib, gegeur met gemengde speserye.

 

Hoender

Die hoë gehalte vars hoenders word spesiaal vir BOMA Vleismark voorberei.

Die koue ketting word noukeurig volgehou tot op BOMA Vleismark se rakke.

Keuse van hoender:

  • Vars heel hoender of opgesny in dytjies, boudjies, vlerkies of borsies.
  • Gerookte hoender – heel of borsies.
  • Gerookte hoenderfilette, geurig en veelsydig
  • Roerbraai-hoender.
  • Flatties - heel of opgesny. Geure sluit in lemon & herb, BBQ, peri-peri en mango.
  • Lekkernye om te braai of in die oond te bak soos ontbeende hoenderdytjies toegerol in spek; hoendervlerkies in BBQ- of lemon & herb-sous en vele meer.

Kouevleis

Vir ons tuisgemaakte kouevleis met ons unieke resepte gebruik ons slegs die beste gehalte vleis.

Vleisborde (platters) word op bestelling gemaak - enige grootte, keuse van vleis en prys.

Ons eie tuisgemaakte kouevleis sluit in:

  • Gekookte en gerookte ham; Pastrami; beesvleisskywe; tong; salami, bierwurst, fleischwurst en meer.
  • Worsies: Chorizo, Hollandse rookwors, cocktail-worsies, Weense worsies, rooiworsies, bockwurst, käsegrillers, Frankfurters en Russians.
  • Hier kan u ook uitkyk vir heel gaar gepekelde tong en Kersfeesham.
  • Ons ontbeen, vul en rol lamsboud, en maak dit gaar op bestelling.

Biltong en Droëwors

BOMA Vleismark se verskeidenheid biltong en droëwors sluit ook gesondheidsprodukte in soos biltong en droëwors slegs gegeur met sout en peper en gesondheidsdroëwors met verminderde vet, asook Metenden, Cabanossi, en Salami sticks.

Biltongmandjies vir geskenke word volgens ons kliënte se voorkeur en prys saamgestel. Bederf u familie en vriende met hierdie gesogte geskenk!