Dienste

 

Wildbewerking

  • Wildbewerking gedoen volgens u voorkeur: biltong, droëwors en cabanossi. Vir huisgebruik maak ons braaiwors, burgerpatties, maalvleis, sosaties, cheese grillers, russians en salami. NUUT! As deel van die wildbewerking kan ons ook vir u wildpasteie maak.
  • Ons waarborg dat jy jou eie vleis terugkry.
  • Ons waarborg ook dat jy al jou vleis terugkry.
  • Bespreek vooraf, veral gedurende Junie en Julie by prod@bomameat.co.za / 012 998 8711
  • Pryslys Klik hier om die pryslys vir wildbewerking af te laai.

 

 

Beplan u 'n 4x4-vakansie?

Laat ons u help om u spyskaart vir die vakansie te beplan.

Wenke vir die verpakking van vleis vir die vakansiereis:

  • Laat al die vleis vakuumverpak. Vir vakuumverpakking word ʼn sterk plastiek gebruik, wat nie maklik stukkend gaan nie.
  • Neem so min as moontlik vleis met been saam. Die been gebruik onnodige spasie, en druk die sakkies stukkend.
  • Beplan elke dag se etes, en pak die laaste dag se vleis heel onder. Dit voorkom dat in die vrieskas gegrawe word. As ʼn mens eers begin grawe, kry jy die gevriesde vleis nie weer terug nie, en skielik is die vrieskas te klein!
  • Pak die 4x4 vrieskas ʼn paar dae voor die reis begin. Die yskas vries vinniger met 220V. Dit bied ook die geleentheid om seker te maak dat die vrieskas nog in goeie werkende toestand is.

 

Geskenkbewyse

Bederf u familie en vriende met ʼn geskenkbewys van BOMA Vleismark. In die winkel beskikbaar.